SUMMARY:
-
POSITION INFO:
INSTANDHOUDINGS- & OPERASIONELE BESTUURDER
Ceres Karoo
’n Gasteplaas, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n ervare, selfstandige en prakties-georiënteerde persoon/egpaar om deel te word van die bestuurspan. Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir die funksionaliteit, instandhouding, veiligheid en algemene voorkoms van die lodge, selfsorg-eenhede, kampeerterreine, ablusiegeriewe en ondersteunende infrastruktuur. Die ideale kandidaat is prakties, tegnies vaardig, proaktief en in staat om probleme vroegtydig te identifiseer en op te los om te verseker dat alle fasiliteite veilig, funksioneel en te alle tye gasgereed is.
SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE
Bestuur van lodge-, selfsorg- en kampeerfasiliteite.
Beplanning en implementering van voorkomende instandhouding.
Bestuur van waterpompe, boorgate, tenks, pyplyne en watervoorsiening.
Toesig oor riool-, septiese- en afvalwaterstelsels.
Monitering en instandhouding van sonkrag-, elektriese- en LPG-stelsels.
Bestuur en instandhouding van voertuie en toerusting.
Monitering van dieselverbruik en diensprogramme.
Werkswinkel-, gereedskap- en voorraadbeheer.
Bestuur, opleiding en toesig oor instandhoudingspersoneel.
Koördinering en toesig oor kontrakteurs en nuwe projekte.
Verseker voldoening aan veiligheids- en OHS-vereistes.
Gereelde inspeksies van alle fasiliteite en infrastruktuur.
Hou van instandhoudingsrekords en opstel van operasionele verslae.
Verseker dat die eiendom en fasiliteite netjies, veilig en goed onderhou is.
VEREISTES
Sterk praktiese en tegniese vaardighede het.
Ervaring in algemene instandhouding, fasiliteitsbestuur of lodge-/plaasbestuur het.
Selfstandig kan werk en verantwoordelikheid neem.
Probleme vinnig kan identifiseer en praktiese oplossings kan implementeer.
Personeel en kontrakteurs effektief kan bestuur.
Goeie rekordhouding en organisatoriese vermoëns het.
Veiligheid en kwaliteit eerste stel.
Bereid is om op ’n afgeleë plaasomgewing te woon en betrokke te wees.
EKSTRA INLIGTING
Permanente verblyf op die plaas word vereis. ±130km vanaf Ceres
Bestuurs-paar/egpaar: Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir ’n egpaar om die twee poste gesamentlik te vervul – een met fokus op Instandhouding & Operasionele bestuur en die ander op Gaste-ervaring & Administrasie.
Individuele aansoeke vir enige van die twee poste is welkom
AANSOEK SLUITINGSDATUM: 6 SEPTEMBER 2026
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013