SUMMARY:
-
POSITION INFO:
HOOFSJEF & LODGE BESTUURDER
Gatsrivier Lodge – Ceres Karoo
’n Eksklusiewe lodge, geleë in die pragtige Ceres Karoo, is op soek na ’n dinamiese en verantwoordelike Hoofsjef & Lodge Bestuurder om die span te lei en ’n uitstekende ervaring aan alle gaste te bied. Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volledige bestuur van die kombuis, gaste-ervaring en daaglikse lodge-operasies, terwyl die persoon self ook prakties deelneem aan die kombuis- en lodge-werk.
SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE
· Beplanning, voorbereiding en bediening van hoëgehalte maaltye.
· Ontwikkeling van spyskaarte volgens gaste se behoeftes en operasionele vereistes.
· Voorraadbeheer, aankope, bestellings en ontvangs van voorraad.
· Effektiewe kostebeheer en beperking van vermorsing.
· Bestuur van voedselkwaliteit, higiëne en voedselveiligheidstandaarde.
· Leiding, opleiding en ontwikkeling van kombuis- en ondersteuningspersoneel.
· Hantering van spesiale dieetvereistes en individuele gasteversoeke.
· Verseker ’n warm, professionele en uitsonderlike gaste-ervaring.
· Toesig oor die lodge se daaglikse bedrywighede en dienslewering.
· Koördinering met ander departemente en personeel.
· Administrasie, verslagdoening en operasionele beplanning.
VEREISTES
· Ervaring as Hoofsjef, Sjef, Lodgebestuurder of in ’n soortgelyke gasvryheidsposisie.
· Sterk leierskap- en organisatoriese vaardighede.
· ’n Passie vir kos, gasvryheid en uitstekende diens.
· Kan selfstandig werk en goeie besluite onder druk neem.
· Prakties en bereid om self in die kombuis en lodge te werk.
· Goeie kommunikasie- en mensevaardighede.
· Betroubaar, professioneel en energiek.
· Hoë standaarde ten opsigte van netheid, higiëne en diens.
· Goeie administratiewe en kostebeheer-vaardighede.
· Geldige rybewys en eie betroubare vervoer.
WERKSOMSTANDIGHEDE
· Ligging: Ceres Karoo – ongeveer 130 km vanaf Ceres / ±1 uur 45 minute se ry.
· Verblyf beskikbaar op die perseel.
· Eie vervoer is noodsaaklik weens die afgeleë ligging van die lodge.
AANSOEK SLUITINGSDATUM: 6 SEPTEMBER 2026
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013