SUMMARY:
-
POSITION INFO:
WERKSWINKEL STOORMAN (CERES)
Ons kliënt is ’n gevestigde en betroubare onderneming in Ceres wat spesialiseer in professionele slootgrawe- en uitgrawingsdienste. Met ’n moderne vloot graafmasjiene en ’n sterk fokus op gehalte, doeltreffendheid en betroubare dienslewering, bedien ons landbou-, konstruksie- en infrastruktuurprojekte regoor die streek. Hulle het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n ervare en dinamiese Werkswinkel Stoorman.
VEREISTES:
- Matrieksertifikaat (Graad 12)
- Minstens 2 jaar ervaring in ’n soortgelyke posisie
- Basiese rekenaarvaardighede, insluitend kennis van Pastel
- Ervaring in voorraadbeheer
- Kode B bestuurslisensie
- Uitstekende geskrewe en mondelinge kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
- Noukeurig met uitstekende administratiewe en organisatoriese vaardighede
- In staat om inisiatief te neem en selfstandig te werk
- Goeie tydbestuur- en prioritiseringvaardighede
- Betroubaar, eerlik en verantwoordelik
VERANTWOORDELIKHEDE:
- Verantwoordelik vir die stoor, beweging en organisering van voorraad.
- Beplan en organiseer voorraad en inventaris, insluitend die monitering van voorraadvlakke.
- Hou rekord van voorraad en inventaris, insluitend die plaas van bestellings soos benodig.
- Reik voorraad uit aan werknemers en hou akkurate rekords van uitreikings.
- Kontroleer hoeveelhede van ontvangde voorraad teenoor afleweringsnota’s en aankoopbestellings.
- Reël die versameling en aflewering van toerusting en/of voorraad.
- Voer maandelikse en jaarlikse voorraadtelling uit, of soos aangevra.
- Handhaaf netheid en orde in die werkswinkel en omliggende areas.
- Hanteer ligte tot medium vrag, insluitend op- en aflaai van voorraad, met gebruik van ’n vurkhyser waar nodig.
- Verseker akkurate rekordhouding van voorraad en inventaris, en dat rekords te alle tye beskikbaar is.
'n Mededingende vergoedingspakket, insluitende 'n prestasiebonus/13de tjek en pensionfondsbydraes, word aangebied.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 12 MAART 2026
* Slegs kortlys kandidate sal gekontak word
Alle werwingsprosedures word gedoen inlyn met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting.