SUMMARY:
Verkoopsagent - Oostelike Streek
POSITION INFO:
VAKANTE POS: Verkoopsagent – Oostelike Streek
BEDRYFSMAATSKAPPY: Tongaat Hulett Beperk t/a Voermol Voere
AFDELING: Verkope en Bemarking
RAPPORTEER AAN: Verkoopsbestuurder - Oosstreek
SLUITINGSDATUM: 31 Julie 2026
KONTEKS
Tongaat Hulett Beperk het ‘n trotse 132 jaar lange geskiedenis en ‘n sterk sosio-ekonomiese nalatenskap in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika asook in Afrika, suid van die Sahara. Tongaat Hulett Beperk, wat handel dryf as Voermol Voere, stel produsente in staat om hul herkouervee strategies te bestuur en te voer, ten einde die produksie en wins van hul ondernemings te verbeter. Die maatskappy het ‘n reeks vooraanstaande melasse-gebaseerde produkte vir herkouers, by wyse van wetenskaplike navorsing, ontwikkel.
DOEL VAN POS
Verkoops agent
Oos streek
A.Pongola, Vryheid, Paul Pietersburg, Luneburg, Piet Retief, Pongola, Swaziland
B. Ermelo, Carlolina, Hendrina, Bethal
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die verkoop van ‘n wye reeks Voermol-produkte, asook tegniese ondersteuning aan produsente, koöperasies en landboumaatskappye in die bogenoemde gebiede.
KWALIFIKASIES EN ONDERVINDING
‘n Landbou Diploma of graad met ten minste drie jaar verkoopsondervinding in die landboumark.