Ons kliënt, ‘n gevestigde kern- en steenvrugte produsent, geleë in Breërivier (tussen Wolseley en Worcester), is op soek na 'n ervare, dinamiese en resultaatgedrewe Plaasbestuurder om die volle produksie van hul kern- en steenvrugteplaas te bestuur. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die beplanning, bestuur en uitvoering van alle produksie-aktiwiteite om optimale opbrengste en vruggehalte te verseker.
VERANTWOORDELIKHEDE
Bestuur produktiwiteit & kwaliteit van werkers
Volledige bestuur van alle produksie-aktiwiteite op die plaas.
Bestuur van besproeiing, bemesting, gewasbeskerming en snoeiprogramme.
Monitering van vrugkwaliteit, opbrengste en produktiwiteit.
Verseker dat alle voedselveiligheids-, kwaliteit- en veiligheidsvereistes nagekom word.
Bestuur van begrotings, insetkoste en hulpbronne.
Noue samewerking met die pakstoor om optimale vrugkwaliteit en doeltreffende logistiek te verseker.
Organisering en monitoring van werkers, oes, besproeiing, bemesting en stukwerk
Rekordhouding van werksaktiwiteite
VEREISTES
Minimum 10 jaar bewese ervaring in die bestuur van kern- en/of steenvrugproduksie.
Pakstoor-ervaring of -agtergrond sal sterk in jou guns tel.
Goeie kennis van moderne boerderypraktyke, besproeiing, bemesting en gewasbeskerming.
Sterk leierskap-, kommunikasie- en mensebestuursvaardighede.
Geldige bestuurslisensie.
Tersiêre opleiding in lanbou sal voordelig wees
Akkuraat, tydig, netjies en oplettend
Moet bereid wees om naweke en na ure te werk
Goeie Administrasie en kommunikasie vaardighede in Engels en Afrikaans
Meganiese kennis sal in u guns tel
AANSOEK SLUITINGSDATUM: 9 AUGUSTUS 2026
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013.