Hoof Uitvoerende Beampte

 

Recruiter:

Creative Leadership Solutions

Job Ref:

721148414

Date posted:

Friday, November 12, 2021

Location:

Nylstroom, South Africa


SUMMARY:
-

POSITION INFO:

HOOF UITVOERENDE BEAMPTE

 

OPSOMMING

‘n Aftreeoord geleë in Modimolle, wat verskeie ontspanningsaktiwiteite aanbied asook ‘n hoë gehalte versorgingseenheid, is opsoek na ‘n Hoof Uitvoerende Beampte, met bewese sukses in ‘n soorgelyke bestuursrol.

 

KERNBEVOEGDHEIDSVEREISTES

  • Die posbekleër moet oor die volgende kernbevoegdheidvereistes beskik:
  • ? Tersiêre kwalifikasie sal as minimum vereiste dien.
  • Bewese sukses in ? soortgelyke vlak bestuursrol.
  • Ten volle rekenaarvaardig (MS Excel, MS Word, MS Powerpoint).
  • Kennis van Pastel sal dien as ? sterk aanbeveling.
  • Kennis van personeelbestuur en dissiplinêre prosesse.
  • Goeie oordeel en die vermoë om alle sake vertroulik te kan hanteer.
  • Bo-gemiddelde kommunikasievermoëns.
  • Ten volle vaardig in Afrikaans en Engels en kennis van ? addisionele taal sal as aanbeveling dien.
  • Bewese kennis van funksionering volgens toepaslike wetgewing. Spesifieke ervaring van of bewese vermoë om op hoogte te kom en te bly ten opsigte van toepaslike wetgewing en veral wetgewing te opsigte van bejaardesorg.
  • ? Positiewe geaardheid en ingesteldheid.
  • Goeie organisasie- en tydsbeplanningvermoëns.
  • Gesonde respek vir veelsydigheid en ? sensitiwiteit vir ander kulture.
  • Voorliefde vir bejaardesorg.

 

KERNVAARDIGHEDE / -EIENSKAPPE

  • Die bekleër van die pos moet oor die volgende kernvaardighede en of eienskappe beskik:
  • Buigsaamheid, deursigtigheid en vriendelikheid.
  • Stiptelikheid en konsekwentheid.
  • Bo-gemiddelde probleemoplossingvaardighede en -vermoëns om konflik konstruktief te hanteer.
  • Openheid en eerlikheid.
  • Leierskap en mentorskap.
  • Interpersoonlike verhoudingsvaardighede.
  • Kommunikasievaardighede (verbaal en skriftelik).
  • Kreatiwiteit en innoverendheid.
  • Funksioneer onder druk.
  • Funksioneer goed as individu en in spanverband.
  • Veerkragtigheid (vermoë om teleurstellings en terugslae vinnig te oorkom).

 

ROL EN VERANTWOORDELIKHEDE

Begroting

  • Die UB se taak lê daarin om die Aftreeoord se algehele begroting op te stel en te bestuur volgens en binne die goedgekeurde begrotingsraamwerk.
  • Die Uitvoerende Bestuurder is direk verantwoordelik vir die Aftreeoord se inkomste en uitgawes en moet ten alle tye verseker dat ? direkte verwantskap tussen hierdie twee lyne geskied ten einde die Aftreeoord winsgewend te bestuur.

 

Kapitaalprojekte

  • Die UB is direk verantwoordelik vir die implementering en uitvoering van goedgekeurde kapitaalprojekte binne die goedgekeurde begroting.
  • Op standaard en voldoen aan kwaliteitsvereistes.

 

Debiteure

  • Dit is die verantwoordelikheid van die Uitvoerende Bestuurder om maandeliks die Debiteurelys na te gaan ten einde enige wanbetaling te kan identifiseer.
  • Daar word vereis dat die Uitvoerende Bestuurder debiteure so bestuur dat nie meer as 5% van die totale aantal debiteure teen die 7de van die betrokke maand uitstaande is nie.

 

VERSORGING

  • Dit is die Uitvoerende Bestuurder se verantwoordelikheid om toe te sien dat die Versorgingsdienste wat aangebied word, binne bepaalde Wetgewing en Beleid doeltreffend bestuur word.

 

Persoonsgerigte Evaluerings

  • Dit is die verantwoordelikheid van die Uitvoerende Bestuurder om te verseker dat alle inwoners in die betrokke fasiliteit ? gereelde opgedateerde persoonsgerigte versorgingsplan in plek het en dat alle sorgvennote betrokke is met die uitvoering daarvan wat insluit opgedateerde:
  • Risiko-assesserings.
  • Persoonlike en inwoner verslagrekords volgens voorgeskrewe dokumentasie.
  • DQ98 evaluasies met inname en herevaluasie soos wetlik voorgeskryf.
  • Kognitiewe toetsing en neurologiese verslae (soos en waar van toepassing).
  • Medikasiebeheer en toedieningsrekords volgens voorgeskrewe wetgewing.

CMRES (soos toepaslik)

  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB, in oorleg met die Versorgingsdiensbestuurder om te verseker dat die inwonerinligtingstelsel (CMRES) daagliks opgedateer word met die nodige evaluerings- en inligtingsdokumentasie soos voorgeskryf.

Hantering van Insidente

  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB, in oorleg met die Afdelingsbestuurders om insidente en klagtes proaktief te bestuur met inagneming van gereelde risiko-assesserings en deurentyd op hoogte te wees van enige gebeure.
  • Dit mag insluit:
  • Die volledige verslagdoening van alle insidente.
  • Die instelling en implementering van regstellende en voorkomende aksies.
  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB om te verseker dat die nodige kommunikasie met die betrokke familie op ? professionele en etiese wyse geskied.

 

OPERASIONELE BESTUUR

Veiligheid en Gesondheid

  • Dit is die UB se verantwoordelikheid om deurlopend op hoogte en op datum te bly met regulasies en vereistes van die relevante Veiligheids- en Gesondheidswetgewing.
  • Dit is die UB se verantwoordelikheid om te verseker dat alle vereistes rondom bogenoemde wetgewing deurlopend uitgevoer in sy of haar rol as ? 16.2 aanstelling waar:
  • ? Formele veiligheids- en gesondheidskomitee identifiseer en aangestel moet word.
  • Alle aangesteldes die vereiste statutêre opleiding moet ondergaan.
  • Die nodige statutêre vergaderings kwartaalliks gehou, notuleer en die risiko’s aangespreek moet word.
  • Hantering van enige ad hoc gesondheid- en veiligheidsverwikkelinge.
  • Aanmelding van insidente en beserings aan diens volgens die Beleid op Hantering van Besering aan Diens asook die opvolg en tydige hantering om besering aan diens sake afgehandel te kry.
  • Dit is die UB se verantwoordelikheid om toe te sien dat enige en alle veiligheid en gesondheidsverwante aspekte in lyn met die goedgekeurde beleide / vereistes nagekom word.

 

Voedseldienste

  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB om te verseker dat die Aftreeoord se voedseluitgawes binne die goedgekeurde begroting geskied en om toe te sien dat hoë gehalte, gebalanseerde etes voorgesit word wat insluit:
  • Spyskaartbeplanning (met inagneming van spesiale diëte).
  • Standaard en goedgekeurde resepte.
  • Inwonervergaderings om spyskaarte te bespreek.
  • Monitering van standaard van kos en monitering van inwonertevredenheid.
  • Regstellende aksies.

 

Sekuriteit (Veiligheidsoudit)

  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB om te verseker dat die Aftreeoord se veiligheid en sekuriteit in stand gehou word in die beste belang van enige en alle inwoners wat op die perseel gehuisves word en enige van alle werknemers wat op die perseel werksaam is.
  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB om te verseker dat personeel se motors, sluitkaste en persoonlike besittings op ? gereelde basis ondersoek / gekontroleer word in lyn met die personeel se diensooreenkomste.
  • Doelbewuste verliesbeheer en veiligheidsprogram.
  • Ondersoek van insidente.
  • Rapportering en rekordhouding van insidente.
  • Aanbevelings vir optrede en hantering van aanbevelings.

 

Bate- en Instandhoudingsbestuur

  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB om die Aftreeoord se bates (instandhouding en toerusting) effektief in stand te hou binne die goedgekeurde begrotingsraamwerk.
  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB om te verseker dat die Aftreeoord se risiko’s in terme van bates op ? proaktiewe wyse aangespreek word ten einde langtermynvolhoubaarheid te verseker en te bevorder wat kan insluit:
  • Instandhoudingsplan op datum en aanpas.
  • Gereelde inspeksies en aanmelding van tekortkominge.
  • Aksieplan om tekortkominge te bestuur.
  • Kontrolering van kwaliteit van werk en aanspreek van tekortkominge waar nodig.
  • Afteken van werk en projekte (kwaliteit en waarde) voor betaling.

 

Bemarking

  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB om ten alle tye die Aftreeoord op ? opbouende en professionele wyse ten toon te stel, hetsy via skriftelike kommunikasie en of persoonlike gesprekvoering met interne en of derde partye.
  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB om die nodige bemarkingsplatforms te identifiseer en tot voordeel van die Aftreeoord te gebruik in lyn met die goedgekeurde beleide en prosedures.
  • Dit is die verantwoordelikheid van die UB om op hoogte te wees van aksies, aanbiedinge, markneigings en tendense, tariewe ens van kompetisie in die betrokke en omliggende omgewing.

 

PERSONEELBESTUUR

Algehele Personeelbestuur

Die UB se taak lê daarin om te verseker dat die Aftreeoord se personeelkorps op ? effekte en doelgerigte wyse bestuur word wat insluit:

  • Effektiewe bestuur van personeel se verlofvoordele in lyn met die Aftreeoord se operasionele vereistes en die goedgekeurde verlofbeleide.
  • Effektiewe bestuur van personeel se oortydure in lyn met die Aftreeoord se operasionele vereistes en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
  • Effekte bestuur van personeel se afwesigheidsyfers in lyn met goedgekeurde beleide en prosedures.
  • Nakoming van alle administrasie rondom personeelwerwing en -keuring en uitdienstrede soos in die betrokke Menslike Hulpbronne Beleide voorgeskryf.
  • Die UB is verantwoordelik om te verseker dat die personeelkorps deurentyd ondersteuning, motivering, leidinggewing en mentorskap ontvang ten opsigte van bereiking van werksverwante doelwitte.
  • Die UB is verantwoordelik vir die opbou en aanspreek van moraal van die werknemers.

 

Nakoming van Beleide en Prosedures

  • Die UB se taak lê daarin om te verseker dat die Aftreeoord se personeelkorps ten alle tye bewus is van die goedgekeurde beleide en prosedures en dat die operasionele vereistes in lyn met hierdie beleide uitgevoer word.

 

Personeelkoste (Werklik vs Begroot)

  • Dit is die UB se verantwoordelikheid om te verseker dat die mannekragbegroting (salaris en oortyd) deurentyd optimaal en binne die goedgekeurde begroting (met inagneming van besetting) asook binne die raamwerk van die Wet op Arbeidsverhoudinge bestuur word.

 

Opleiding en Ontwikkeling van Personeel

  • Die UB se taak lê daarin om te verseker dat die Aftreeoord se doelwitte bereik word deur middel van ? werkerskorps wat kennis dra van die betrokke doelwitte en wat opgelei en gemotiveer is om daardie doelwitte te bereik.
  • Die UB se taak lê verder in die ontwikkeling van werknemers om uitnemend in hulle huidige poste te presteer en so ook potensiaal van personeel tot so mate te ontwikkel dat hul in die toekoms meer seniorposte kan beklee.

Bestuur van Dissipline

  • Dit is die verantwoordelikheid van die Uitvoerende Bestuurder om enige vorm van wangedrag of onvermoë (prestasie) konsekwent in oorleg met die Kokanje Aftreeoord se dissiplinêre kode te bestuur.

 

VERGOEDING

R 51 600 CTC (Insluitend akkommodasie op die oord)

 



 

NB! This job is now closed. You can apply for other jobs by uploading your CV.



 

 

 

Similar jobs you might be interested in:

Create a free job alert for Hoof Uitvoerende Beampte in Nylstroom

Enter your email address below and we will email you similar jobs when they become available:

You can cancel at any time. We will not spam you.
By giving us your email address your agree to our Terms and Conditions