SUMMARY:
Is Afrikaans jou huistaal, het jy 'n praktiese belangstelling in oudiovisuele tegnologie en wil jy graag 'n loopbaan in hierdie veld bou?
Indien jy in die Helderberg-omgewing woon: ons gerekende kliënt in Stellenbosch is op soek na iemand met 'n spangerigte, praktiese ingesteldheid en sterk kommunikasievaardighede.
POSITION INFO:
VEREISTES
- Matriek of 'n gelykwaardige kwalifikasie
- Afrikaans as huistaal
- Geldige bestuurslisensie en ’n skoon kriminele rekord (noodsaaklik)
- 'n Opregte, praktiese belangstelling in oudiovisuele en verwante tegnologie
- Moet gemaklik wees om op hoogtes en in plafonruimtes te werk, asook toerusting te dra
- Beskikbaarheid vir bystanddiens een Saterdag per maand
- Basiese kennis van IT en netwerke is noodsaaklik
VOORDELIG- 'n Voltooide kursus in AV, klankingenieurswese, elektronika of IT (bv. N+)
PLIGTE- Aanlê van kabels en die maak van verbindings, insluitend XLR, HDMI, SDI en netwerkkabels
- Ondersteuning met die opstelling en regstreekse beheer van klank- en videotoerusting tydens geleenthede, in privaat wonings en by verskeie instansies
- Toets en konfigureer toerusting; spoor foute op en herstel dit
- Onderhou toerusting en hou rekords daarvan, en sorg dat die stoorkamer en voertuie georganiseerd gehou word
- Bied vriendelike, geduldige en professionele ondersteuning aan kliënte en afgevaardigdes in beide Afrikaans en Engels
Salary: R negotiable dependent on experience
Join us on
SOCIAL MEDIA or visit our
WEBSITE for more information. See links below.